Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 31:2-11 Bybel vir Almal (ABA)

2. Die Filistyne het ook teen Saul en sy seuns geveg en hulle het Saul se seuns Jonatan, Abinadab en Malki-Sua gevang en doodgemaak.

3. Daarna het die Filistyne vir Saul aangeval, die Filistyne wat met pyl en boog skiet, en Saul het baie bang geword vir hulle.

4. Hy het vir sy wapendraer gesê: “Jy moet jou swaard neem en jy moet my doodsteek. Ek wil nie hê hierdie heidene moet my kom doodsteek en vir my lag nie.”Maar sy wapendraer wou dit nie doen nie, hy was bang. Toe neem Saul self sy swaard en hy val daarop. Die swaard het deur hom gesteek.

5. Toe die wapendraer sien dat Saul dood is, het hy ook op sy swaard geval en hy het saam met Saul gesterf.

6. So het Saul en sy drie seuns en sy wapendraer en al die manne van Israel daardie dag saam gesterf.

7. En toe die mense van Israel wat oorkant die vallei en oorkant die Jordaan-rivier was, hoor dat die manne van Israel gevlug het en dat Saul dood is, het hulle gevlug uit hulle stede. Die Filistyne het toe gekom en hulle het in daardie stede gaan woon.

8. Die Filistyne het die volgende dag gekom om die goed en die klere van die dooie mense te vat, en hulle het vir Saul en sy drie seuns op Gilboa-berg gekry, Saul en sy seuns was dood.

9. Hulle het Saul se kop afgekap en hulle het sy wapens gevat. Hulle het dit in Filistyne-land rondgestuur om die goeie nuus te bring in die tempels van hulle afgode en vir hulle mense.

10. Hulle het Saul se wapens in die tempel van Astarte gesit en hulle het sy lyk teen die muur van die stad Bet-San opgehang.

11. Toe die mense van die stad Jabes in Gilead hoor wat die Filistyne met Saul gedoen het,

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 31