Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 30:23-31 Bybel vir Almal (ABA)

23. Maar Dawid het gesê: “Vriende, julle moenie so doen met die goed wat die Here vir ons gegee het nie. Hy het ons beskerm en Hy het ons laat wen teen die Amalekiete wat na ons toe gekom het.

24. Niemand moet luister na wat julle sê nie. Die man wat oorlog toe gegaan het en die man wat by die goed gebly het, moet dieselfde kry.”

25. Dawid het daardie dag gesê die Israeliete moet dit altyd doen, en hulle doen dit nou nog.

26. Toe Dawid terugkom in Siklag, het hy van die goed gestuur vir sy vriende, die leiers van Juda, en hy het vir hulle gesê: “Hier is vir julle ’n present, dit is party van die goed wat ons gevat het van die vyande van die Here.”

27. Dawid het die presente gestuur na die mense in Bet-El, Ramot-Negeb, Jattir,

28. Aroër, Sifmot, Estemoa,

29. Rakal, die stede van die Jeragmeël-families en die Keniete,

30. Gorma, Bor-Asan, Atak

31. en Hebron. Dit was die plekke waar Dawid en sy manne rondgetrek het.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 30