Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 3:11-19 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die Here het vir Samuel gesê: “Ek sal nou in die land Israel iets doen, elkeen wat dit hoor, sal geskok wees.

12. Daardie dag sal Ek met Eli alles laat gebeur wat Ek oor sy familie gesê het, alles van die begin tot die end.

13. Ek het vir hom gesê Ek sal sy familie vir altyd straf oor die sonde waarvan hy geweet het. Want sy seuns het My nie geëer nie, en hy het nie hard met hulle geraas nie.

14. Daarom het Ek gesê: Ek sal die sonde van Eli se familie nooit vergewe nie, ook nie wanneer hulle offers en presente vir My bring nie. Wat Ek gesê het, sal gebeur.”

15. Samuel het tot die oggend op sy bed gelê. Toe het hy die deure van die tempel oopgemaak. Hy was bang om vir Eli te vertel wat die Here vir hom kom sê het.

16. Maar Eli het vir Samuel geroep en hy het vir hom gesê: “Samuel, my seun.” En Samuel het gesê: “Hier is ek.”

17. Toe sê Eli: “Wat het die Here vir jou gesê? Jy moet alles vir my vertel en niks wegsteek nie. Ek bid dat die Here jou sal straf as jy enige iets vir my wegsteek. Vertel vir my alles wat Hy vir jou gesê het.”

18. Samuel het vir Eli alles vertel. Hy het niks weggesteek nie. En Eli het gesê: “Hy is die Here, Hy moet doen wat Hy wil doen.”

19. Samuel het grootgeword, en die Here was by hom. Die Here het alles gedoen wat Hy gesê het.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 3