Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 28:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. In daardie tyd het die Filistyne hulle manne laat bymekaarkom om oorlog te maak teen die Israeliete. Akis het vir Dawid gesê: “Jy moet goed verstaan, jy en jou manne sal nou saam met my moet gaan om oorlog te maak.”

2. Dawid het vir Akis gesê: “Ja, goed, jy sal self sien ek sal jou dien.”Akis sê toe vir Dawid: “Goed, dan moet jy my altyd oppas.”

3. Samuel het voor daardie tyd gesterf. Al die Israeliete het oor hom gerou en hulle het hom begrawe in Rama, die stad waar hy gewoon het. Voor daardie tyd het Saul al die vroue wat met die geeste van dooie mense gepraat het en ook die waarsêers weggejaag uit die land.

4. Die Filistyne het bymekaargekom en hulle het hulle tente opgeslaan by die stad Sunem. Saul het al die Israeliete laat bymekaarkom en hy het sy tente opgeslaan op Gilboa-berg.

5. Saul het baie bang geword toe hy die tente van die Filistyne sien en hy het gebewe.

6. Hy het vir die Here gevra wat hy moet doen, maar die Here het hom nie geantwoord nie. Die Here het nie met Saul gepraat in ’n droom of met die urim nie. Hy het ook nie vir die profete gesê wat hulle vir Saul moet sê nie.

7. Saul het toe vir sy amptenare gesê: “Julle moet vir my sê waar is ’n vrou wat met die geeste van dooie mense praat, ek wil vir haar vra wat ek moet doen.”Sy amptenare het vir hom gesê: “Daar is so ’n vrou in En-Dor.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 28