Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 24:11-15 Bybel vir Almal (ABA)

11. Jy het self gesien die Here het jou vandag vir my gegee daar in die grot, en as ek wou, dan kon ek jou doodgemaak het. Maar ek het jou nie doodgemaak nie, ek het gesê ek sal nie iets verkeerd doen teen my koning nie, want jy is die gesalfde van die Here.

12. “My vader, kyk hier, hier is die punt van jou bo-kleed in my hand. Ja, ek het die punt van jou bo-kleed afgesny, maar ek het jou nie doodgemaak nie. Jy kan sien ek is nie jou vyand nie, en jy moet dit weet, maar jy jaag my om my dood te maak.

13. Ek bid dat die Here sal sê wie het reg gedoen, ek of jy. Ek bid ook dat Hy jou sal straf oor wat jy aan my doen, maar ek self sal niks doen teen jou nie.

14. Die mense sê altyd: ‘Slegte mense doen slegte dinge,’ maar ek self sal niks doen teen jou nie.

15. Nou vra ek: Hoekom het jy, die koning van Israel, vir my gevolg en gejaag? Want ek beteken niks, ek is soos ’n dooie hond, soos ’n vlooi.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 24