Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 23:3-9 Bybel vir Almal (ABA)

3. Dawid se manne het vir hom gesê: “Ons is bang hier in Juda, maar ons sal nog baie banger wees as ons na Keïla moet gaan om die Filistyne aan te val.”

4. Dawid het weer vir die Here gevra wat hy moet doen, en die Here het geantwoord en gesê: “Jy moet gereedmaak en na Keïla gaan, want Ek sal jou laat wen teen die Filistyne.”

5. Dawid en sy manne het na Keïla gegaan. Hulle het oorlog gemaak teen die Filistyne en hulle het die Filistyne se beeste en skape en bokke gevat. Hulle het hard geveg en hulle het die Filistyne oorwin. So het Dawid die mense van Keïla gered.

6. Abjatar seun van Agimelek het die skouer-kleed saam met hom gebring toe hy gevlug het na Dawid toe in Keïla.

7. Iemand het vir Saul vertel dat Dawid na Keïla gegaan het, en Saul het gedink: God het vir Dawid gelos, want Dawid het ingegaan in ’n stad waar ’n mens die poorte kan toesluit. Dawid het homself toegesluit.

8. Saul het toe al sy manne laat roep om te kom oorlog maak. Hy wou hê dat hulle na Keïla moet gaan om Dawid en sy manne in die stad vas te keer en te vang.

9. Toe Dawid uitvind dat Saul hom wil kom aanval, het hy vir die priester Abjatar gesê hy moet die skouer-kleed bring.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 23