Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 18:19-29 Bybel vir Almal (ABA)

19. En toe die tyd kom dat Merab met Dawid moes trou, het Saul haar laat trou met Adriël van Megola.

20. Maar Saul se dogter Mikal was verlief op Dawid, en toe Saul dit hoor, het hy gedink dit is goed.

21. Hy het gedink: Ek sal haar vir Dawid gee, maar ek sal dit só doen dat die Filistyne hom kan doodmaak.Saul het toe ’n tweede maal vir Dawid gesê Dawid kan sy skoonseun word.

22. Saul het vir sy amptenare gesê hulle moet privaat met Dawid praat en hulle moet vir hom sê: “Luister, die koning hou van jou, en al sy amptenare is lief vir jou. Jy moet nou die koning se skoonseun word.”

23. Toe Saul se amptenare dit vir Dawid sê, het Dawid gesê: “Ek is ’n arm man, ek is nie belangrik nie. Dink julle iemand soos ek kan die koning se skoonseun word?”

24. Saul se amptenare het vir Saul vertel wat Dawid gesê het,

25. en Saul het gesê hulle moet vir Dawid sê: “Die koning wil net een bruidsprys hê, hy wil 100 voorhuide van Filistyne hê, want hy wil sy vyande straf.”Saul se plan was dat die Filistyne vir Dawid moes doodmaak.

26. Die amptenare het vir Dawid gaan sê wat die koning gesê het, en Dawid het gesê dit is goed, hy sal die koning se skoonseun word. Dawid het nie lank gewag nie.

27. Hy het gereedgemaak en gegaan, hy en sy manne, en hulle het 200 Filistyne doodgemaak. Hy het die voorhuide gebring en hy het dit alles vir die koning gegee sodat hy die koning se skoonseun kon word. Saul het toe sy dogter Mikal met Dawid laat trou.

28. Saul het gesien en geweet dat die Here by Dawid is. Saul het ook gesien dat sy dogter Mikal lief is vir Dawid.

29. Daarom was Saul toe nóg banger vir Dawid en hy was Dawid se vyand sy hele lewe lank.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 18