Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 14:47-51 Bybel vir Almal (ABA)

47. Nadat Saul koning geword het oor die Israeliete, het hy oorlog gemaak teen al sy vyande rondom die land Israel: teen die Moabiete, die Ammoniete, die Edomiete, die konings van die land Soba, en die Filistyne. Hy het oral gewen teen die vyande.

48. Hy het sy manne geneem en hulle het die Amalekiete oorwin. So het hy die Israeliete gered van almal wat altyd hulle goed kom vat het.

49. Saul se seuns was Jonatan, Jiswi en Malki-Sua, en sy twee dogters se name was Merab en Mikal.

50. Saul se vrou was Aginoam dogter van Agimaäs. Die hoof van Saul se leër was Abner. Abner se pa was Ner. Ner was Saul se oom.

51. Saul se pa was Kis. Kis en Ner was die seuns van Abiël.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 14