Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 14:37-41 Bybel vir Almal (ABA)

37. Saul het toe vir God gevra: “Moet ons die Filistyne gaan aanval? Sal U ons laat wen teen hulle?”Maar God het daardie dag nie vir Saul geantwoord nie.

38. Saul het toe gesê: “Offisiere, julle moet hiernatoe kom, ons moet uitvind wie hierdie sonde gedoen het.

39. Want die man wat die sonde gedoen het, sal sterf, dit is seker, so seker soos die Here lewe, Hy wat vandag vir Israel gered het. Die man sal sterf, ook as dit my seun Jonatan is.”Nie een van die manne het hom geantwoord nie.

40. Hy het vir al die Israeliete gesê: “Julle moet hier staan, en ek en my seun Jonatan sal daar anderkant staan.”Die manne het vir Saul gesê: “Jy moet doen wat jy dink is reg.”

41. Saul het vir die Here gesê: “God van Israel, sê vir ons die waarheid, sê wie is skuldig.”Die Here het gesê dit is Jonatan of Saul, nie die manne nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 14