Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 12:6-9 Bybel vir Almal (ABA)

6. Daarna het Samuel vir die volk gesê: “Die Here het vir Moses en Aäron leiers gemaak en dit is Hy wat julle voorvaders uit die land Egipte gebring het.

7. Kom staan nou hier sodat ek vir julle kan vertel hoe goed die Here was vir julle en julle voorvaders, die Here moet dit hoor.

8. Nadat Jakob in Egipte gekom het, het julle voorvaders tot die Here gebid en hulle het gevra dat Hy hulle moet help. Die Here het vir Moses en Aäron gestuur, en hulle het julle voorvaders uit Egipte gebring en hier laat woon.

9. Maar julle voorvaders het hulle God die Here vergeet, en toe het die Here vir Sisera gebring om oorlog te maak teen die Israeliete. Sisera was die hoof van die leër van Hasor. Die Here het ook die Filistyne en die koning van Moab gebring om oorlog te maak teen die Israeliete.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 12