Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 12:12-17 Bybel vir Almal (ABA)

12. Maar toe julle sien koning Nagas van die Ammoniete wil oorlog maak teen julle, het julle vir my gesê: ‘Nee, daar moet ’n koning wees om oor ons te regeer.’ Maar julle Koning is julle God die Here.

13. En nou, hier is die koning wat julle gekies en gevra het. En hier het die Here vir julle ’n koning gegee.

14. Dit sal goed gaan met julle as julle die Here respekteer en dien en doen wat Hy wil hê, as julle nie opstandig is teen wat Hy vir julle sê nie, en as julle altyd julle God die Here volg, julle en julle koning wat oor julle regeer.

15. Maar as julle nie doen wat die Here wil hê nie en as julle opstandig is teen wat Hy vir julle sê, dan sal Hy teen julle wees soos Hy teen julle voorvaders was.

16. Maar nou moet julle hier kom staan sodat julle self kan sien watter groot ding die Here sal doen.

17. Dit is nou die tyd om die koring af te sny, dit is nie reëntyd nie. Maar ek sal tot die Here bid, en Hy sal donderweer en reën stuur, sodat julle sal weet en sien dat julle ’n baie verkeerde ding gedoen het teen die Here toe julle gesê het julle wil ’n koning hê.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 12