Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 10:5-11 Bybel vir Almal (ABA)

5. Daarna sal jy kom by die stad Gibea-van-God. Daar is ’n groep Filistynse soldate wat wagstaan. Wanneer jy daar by die stad kom, dan sal jy ’n groep profete kry wat van die offer-plek kom. Hulle sal musiek maak met harpe, tamboeryne, fluite en liere en hulle sal soos profete praat.

6. Dan sal die Gees van die Here in jou kom, en jy sal ook soos ’n profeet praat, jy sal verander en jy sal soos ’n ander man word.

7. Wanneer al die dinge gebeur het wat ek vir jou gesê het, dan moet jy doen wat jy moet doen, want jy sal weet dat die Here by jou is.

8. Jy moet voor my na Gilgal gaan, en ek sal na jou toe kom om brand-offers en ete-offers te bring. Jy moet sewe dae lank daar vir my wag, totdat ek vir jou kom sê wat jy moet doen.”

9. Toe Saul omdraai om weg te gaan van Samuel, het God vir Saul heeltemal verander, en hy het soos ’n ander man geword. Alles wat Samuel gesê het, het daardie dag so gebeur.

10. Toe Saul en die slaaf by Gibea kom, het daar ’n groep profete na hom toe gekom. Die Gees van God het in hom gekom, en hy het saam met die profete gepraat.

11. Mense wat voorheen vir Saul geken het, en wat nou gesien het hy praat saam met die profete, was verbaas en hulle het vir mekaar gesê: “Wat het gebeur met die seun van Kis? Is Saul nou ook by die profete?”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 10