Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 10:23-27 Bybel vir Almal (ABA)

23. Hulle het toe gehardloop en vir Saul uitgebring. Toe hy tussen die mense staan, was hy ’n kop langer as al die ander mense.

24. Samuel het vir al die mense gesê: “Julle sien die Here het hierdie man gekies. Nie een van die ander mense is soos hy nie.”Toe skree al die mense: “Ons bid dat die koning lank moet lewe!”

25. Samuel het toe vir die mense gesê wat die koning alles mag doen, en Samuel het dit in ’n boek geskryf. Hy het die boek in die tempel neergesit. Daarna het hy die mense laat gaan, elkeen na sy huis.

26. Saul het ook na sy huis in Gibea gegaan. Die Here het ’n paar manne laat besluit om saam met Saul te gaan.

27. Party slegte mense het gesê: “Hierdie man kan niks doen vir ons nie.”Hulle het hom nie gerespekteer nie en hulle het nie presente vir hom gebring nie. Maar Saul het gemaak of hy nie hoor wat hulle sê nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 10