Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 9:16-31 Bybel vir Almal (ABA)

16. en Obadja seun van Semaja seun van Galal seun van Jedutun, en Berekja seun van Asa seun van Elkana. Elkana het gewoon in die dorpe naby die stad Netofa.

17. Die poortwagte was Sallum, Akkub, Talmon, Agiman en hulle familie. Sallum was die hoof.

18. Hierdie familie is nou nog by die Koning-poort oos van die tempel. Hulle was voorheen die poortwagte by die tente van die Leviete.

19. Daar was ook Sallum seun van Kore seun van Ebjasaf seun van Korag, en sy familie. Die Korag-familie se werk was om wag te staan by die deure van die tent. Hulle voorvaders was wagte by die ingang van die kamp van die Here.

20. Voorheen was Pinehas seun van Eleasar hulle hoof. Die Here was by Pinehas.

21. Sagaria seun van Meselemja was die poortwag by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het.

22. Die beste manne, die wagte by die poorte en by die deure was almal saam 212. Hulle name is geskryf in die naamlys op die plekke waar hulle gewoon het. Dawid en die siener Samuel het hulle gekies en aangestel om die werk te doen.

23. Hulle en hulle seuns was die wagte by die poorte van die tempel-tent en van die tempel.

24. Daar was wagte by die poorte oos, wes, suid en noord van die tempel.

25. Hulle familie het gewoon in hulle dorpe en hulle het elke maal sewe dae lank kom werk wanneer dit hulle beurt was.

26. Die vier belangrikste poortwagte was Leviete en hulle het elke dag gewerk. Hulle moes ook kyk dat alles reg is by die kamers by die tempel en by die stoorkamers.

27. Hulle het naby die tempel geslaap, want hulle moes wagstaan en hulle moes elke oggend die deure oopsluit.

28. Party van die Leviete moes sorg vir die gereedskap wat die priesters gebruik het. Hulle moes elke maal genoeg gereedskap vir die priesters gee en hulle moes dit weer terugneem.

29. Party Leviete moes sorg vir die ander gereedskap, vir al die gewyde gereedskap en vir die meel en die wyn en die olyf-olie en die wierook en die speserye.

30. Party priesters moes die spesery-salf meng.

31. Een van die Leviete was Mattitja. Hy was die oudste seun van Sallum van die nageslag van Korag. Hy moes elke dag kyk dat die bakkers hulle werk doen.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 9