Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 8:6-28 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die seuns van Egud was die familiehoofde van die mense wat in Geba gewoon het. Vyande het hulle gevang en weggevat na Managat. Hier is hulle name:

7. Naäman, Agija en Gera het gevangenes geword. Gera was die pa van Ussa en Agigud.

8-10. Sagarajim het geskei van sy vroue Gusim en Baära, en daarna het hy en sy ander vrou Godes kinders in die land Moab gekry. Hulle was die ouers van Jobab, Siba, Mesa, Malkam, Jeüs, Sakeja en Mirma. Hulle was Sagarajim se seuns en hulle was familiehoofde.

11. Sagarajim en sy vrou Gusim was die ouers van Abitub en Elpaäl.

12. Die seuns van Elpaäl was Eber, Misam en Semed. Semed het die stede Ono en Lod en die dorpe daar naby gebou.

13. Beria en Sema was die familiehoofde van die mense wat in die stad Ajalon gewoon het. Hulle het die mense weggejaag wat in die stad Gat gewoon het.

14-16. Die seuns van Beria was Agjo, Sasak, Jeremot, Sebadja, Arad, Eder, Mikael, Jispa en Joga.

17. Ander seuns van Elpaäl was Sebadja, Mesullam, Giski, Geber,

18. Jismerai, Jislia en Jobab.

19-21. Die seuns van Simi was Jakim, Sikri, Sabdi, Eljoënai, Silgi, Eliël, Adaja, Beraja en Simrat.

22-25. Die seuns van Sasak was Jispan, Eber, Eliël, Abdon, Sikri, Ganan, Gananja, Elam, Antotija, Jifdeja en Penuel.

26-27. Die seuns van Jerogam was Samserai, Segarja, Atalja, Jaäresja, Elija en Sikri.

28. Hierdie manne was die hoofde van hulle families en hulle leiers. Hulle het in Jerusalem gewoon.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 8