Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:22-40 Bybel vir Almal (ABA)

22. Hulle pa Efraim het lank gehuil en getreur oor hulle, en sy broers het hom kom troos.

23. Daarna het Efraim en sy vrou nog ’n seun gekry, en hy het die seun Beria genoem omdat hy hartseer was oor wat in sy huisgesin gebeur het.

24. Efraim het ’n dogter Seëra gehad. Sy het die stede Bet-Goron-Onder, Bet-Goron-Bo en Ussen-Seëra gebou.

25. Efraim se seuns was Refag en Resef. Resef was die pa van Telag, Telag was die pa van Tagan,

26. Tagan was die pa van Ladan, Ladan was die pa van Ammihud, Ammihud was die pa van Elisama,

27. Elisama was die pa van Nun, en Nun was die pa van Josua.

28. Die plekke waar hulle gewoon het, was die stad Bet-El en die dorpe daar naby, en die stad Naäran by die oostekant, die stad Geser en die dorpe daar naby by die westekant, die stad Sigem en die dorpe daar naby tot by die stad Aja en die dorpe daar naby.

29. Die mense van Manasse het in die stede Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor en in die dorpe daar naby gewoon. Dit is waar die nageslag van Josef seun van Israel gewoon het.

30. Die seuns van Aser was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria. Hulle suster was Serag.

31. Die seuns van Beria was Geber en Malkiël. Malkiël was die pa van Birsajit.

32. Geber was die pa van Jaflet, Somer en Gotam, en hulle suster was Sua.

33. Die seuns van Jaflet was Pasak, Bimhal en Aswat. Hulle was die seuns van Jaflet.

34. Die seuns van Semer was Agi, Roga, Jagba en Aram.

35. Die seuns van Semer se broer Helem was Sofag, Jimna, Seles en Amal.

36. Die seuns van Sofag was Suag, Garnefer, Sual, Beri, Jimra,

37. Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra.

38. Die seuns van Jeter was Jefunne, Pisga en Ara.

39. Die seuns van Ulla was Arag, Ganiël en Risja.

40. Al hierdie mense was afstammelinge van Aser. Hulle was die beste manne, familiehoofde, belangrike manne, en leiers. Hulle name is geskryf in die naamlys van die Aser-stam. Hulle was 26 000 manne en hulle kon oorlog maak.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7