Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:16-29 Bybel vir Almal (ABA)

16. Makir en sy vrou Maäka het ’n seun gekry, en sy het die seun Peres genoem. Peres se broer was Seres, en Seres se seuns was Ulam en Rekem.

17. Ulam het ’n seun Bedan gehad. Manasse se seun Makir was die voorvader van hierdie mense van die land Gilead.

18. Makir se suster Moleket was die ma van Ishod, Abiëser en Magla.

19. Die seuns van Semida was Agjan, Sekem, Likgi en Aniam.

20. Efraim was die pa van Sutelag, Sutelag was die pa van Bered, Bered was die pa van Tagat, Tagat was die pa van Elada, Elada was die pa van Tagat,

21. Tagat was die pa van Sabad, Sabad was die pa van Sutelag. Efraim het nog twee seuns gehad, maar die mense van die stad Gat wat in die land gebore is, het die twee seuns doodgemaak omdat hulle die mense van Gat se skape en bokke gaan steel het.

22. Hulle pa Efraim het lank gehuil en getreur oor hulle, en sy broers het hom kom troos.

23. Daarna het Efraim en sy vrou nog ’n seun gekry, en hy het die seun Beria genoem omdat hy hartseer was oor wat in sy huisgesin gebeur het.

24. Efraim het ’n dogter Seëra gehad. Sy het die stede Bet-Goron-Onder, Bet-Goron-Bo en Ussen-Seëra gebou.

25. Efraim se seuns was Refag en Resef. Resef was die pa van Telag, Telag was die pa van Tagan,

26. Tagan was die pa van Ladan, Ladan was die pa van Ammihud, Ammihud was die pa van Elisama,

27. Elisama was die pa van Nun, en Nun was die pa van Josua.

28. Die plekke waar hulle gewoon het, was die stad Bet-El en die dorpe daar naby, en die stad Naäran by die oostekant, die stad Geser en die dorpe daar naby by die westekant, die stad Sigem en die dorpe daar naby tot by die stad Aja en die dorpe daar naby.

29. Die mense van Manasse het in die stede Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor en in die dorpe daar naby gewoon. Dit is waar die nageslag van Josef seun van Israel gewoon het.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7