Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:10-15 Bybel vir Almal (ABA)

10. Jediael het een seun Bilhan gehad. Die seuns van Bilhan was Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar.

11. Hierdie familie was almal seuns van Jediael en hulle was familiehoofde en hulle was belangrike manne. Hulle was 17 200 manne, en hulle kon oorlog maak.

12. Die mense van die stede Suf en Guf was afstammelinge van Ir. Die mense van die stad Gus was afstammelinge van Ager.

13. Die seuns van Naftali was Jagasiël, Guni, Jeser en Sallum. Hulle was afstammelinge van Bilha.

14. Manasse en sy Aramese byvrou was die ouers van Asriël en Makir. Makir was die voorvader van die mense wat in die land Gilead gewoon het.

15. Makir het getrou met vroue van die stede Guf en Suf. Sy suster se naam was Maäka. Sy tweede seun was Selofgad, maar Selofgad het net dogters gehad.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7