Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:10-17 Bybel vir Almal (ABA)

10. Jabes het tot die God van Israel gebid en gesê: “Ek bid dat U my baie sal seën en dat U baie grond vir my sal gee. Ek bid dat U my sal beskerm, sodat dit nie sleg sal gaan met my nie en sodat ek nie sal seerkry nie.”God het alles laat gebeur wat Jabes gevra het.

11. Kelub, die broer van Suga, was die pa van Megir, en Megir was die pa van Eston.

12. Eston was die voorvader van die mense van Bet-Rafa, Paseag en Teginna. Teginna was die voorvader van die mense van Ir-Nagas. Hulle was die Reka-mense.

13. Die seuns van Kenas was Otniël en Seraja, en die seuns van Otniël was Gatat.

14. Meonotai was die pa van Ofra, en Seraja was die pa van Joab. Joab was die voorvader van die mense van Ambagsman-vallei, want die mense daar was ambagsmanne.

15. Kaleb was die seun van Jefunne, en die seuns van Kaleb was Iru, Ela en Naäm. Die seun van Ela was Kenas.

16. Die seuns van Jehallelel was Sif, Sifa, Tireja en Asarel.

17. Die seuns van Esra was Jeter, Mered, Efa en Jalon. Mered was die pa van Mirjam, Sammai en Jisbag. Jisbag was die voorvader van die mense van Estemoa.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4