Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 3:3-6-8 Bybel vir Almal (ABA)

3. Die vyfde seun was Sefatja. Sy ma was Abital. Die sesde seun was Jitream. Sy ma was Dawid se vrou Egla.

4. Dit is die ses seuns van Dawid wat in Hebron gebore is. Dawid was sewe jaar en ses maande lank koning in Hebron, en hy was 33 jaar lank koning in Jerusalem.

5. In Jerusalem is daar nog seuns van Dawid gebore: Die vier seuns Sima, Sobab, Natan en Salomo se ma was Bat-Sua dogter van Ammiël.

6-8. Dawid het nog nege seuns gehad: Jibgar, Elisama, Elifelet, Noga, Nefeg, Jafija, Elisama, Eljada en Elifelet.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 3