Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 15:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dawid het vir hom paleise gebou in die Dawidstad. Hy het ook ’n plek gereedgemaak vir die kis van God en hy het ’n tent opgeslaan vir die kis.

2. Dawid het daardie tyd gesê net die Leviete mag die kis van God dra, niemand anders mag dit dra nie. Die Here het hulle gekies om die kis te dra en om altyd daarmee te werk.

3. Dawid het al die Israeliete na Jerusalem laat kom om die kis van die Here te bring na die plek wat hy daarvoor gereedgemaak het.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 15