Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 11:3-10 Bybel vir Almal (ABA)

3. Al die leiers van Israel het na die koning toe gekom in Hebron, en Dawid het met hulle ’n ooreenkoms gemaak by die tempel in Hebron. Hulle het vir Dawid gesalf om koning te wees van Israel. Dit het gebeur soos die Here gesê het toe Hy vir Samuel gestuur het.

4. Dawid en al die manne van Israel het na die stad Jerusalem gegaan. Jerusalem se naam was toe Jebus, die Jebusiete het daar gewoon.

5. Die mense van Jebus het vir Dawid gesê: “Jy sal nie hier kan inkom nie.”Maar Dawid het die stad Sion wat sterk mure gehad het, oorwin, dit is nou die Dawidstad.

6. Dawid het gesê: “Die eerste man wat ’n Jebusiet doodslaan, sal die hoof en leier word.”Joab seun van Seruja het eerste aangeval, en hy het die hoof geword.

7. Dawid het gaan woon in die stad wat sterk mure het. Daarom het hulle dit die “Dawidstad” genoem.

8. Dawid het nog ’n muur rondom die stad gebou, van die terras en verder af. Joab het die ander mure reggemaak.

9. Dawid het ’n belangrike koning geword. Die Here wat oor alles regeer, was by Dawid.

10. Hier is die name van die hoofde van die spesiale manne van Dawid. Hulle het hom gehelp om ’n belangrike koning te word. Hulle en al die Israeliete het vir Dawid koning gemaak. Dit het gebeur soos die Here gesê het oor Israel.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 11