Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 7:28-36 Bybel vir Almal (ABA)

Hiram het die waentjies só gemaak: Op die kante van die waentjies het hy leeus en beeste en gerubs uitgesny. Bo en onder die leeus en die beeste het hy kransies uitgesny. Hy het vir elke waentjie vier wiele van brons gemaak. Die vier wiele was onder die kante van die waentjies en die asse van die wiele was onder die waentjies. Elke wiel was een en ’n halwe el hoog. Die wiele het gelyk soos die wiele van ’n wa en hulle was heeltemal van brons. Die asse was ook van brons en dit was vas aan die vier voetstukke. Bo-op die waentjies was kassies, die was-skottels het daarin gepas. Daar was kransies langs die kante van die kassies. Die kassies was een el hoog, en die gat waarin die was-skottel moes kom, was een en ’n halwe el breed. Rondom die gat was daar graveerwerk en ’n band wat ’n halwe el hoog was. Die kante van die kassies was vierkantig, dit was nie rond nie. Daar was handvatsels aan elke hoek, en op die kante van die kassies en op die handvatsels het Hiram gerubs en leeus en palmbome uitgesny.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 7

Kyk 1 Konings 7:28-36 in konteks