Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 6:22-35 Bybel vir Almal (ABA)

22. Hy het die hele tempel se binnekant met goud laat toemaak, die hele tempel en die altaar voor die binneste kamer.

23. Hy het twee gerubs van olyfhout in die binneste kamer gesit. Elke gerub was tien el hoog.

24. Elke vlerk van ’n gerub was vyf el lank. Dit was tien el van die punt van een vlerk tot by die punt van die ander vlerk.

25. Die twee gerubs was ewe groot en hulle het dieselfde gelyk.

26. Elke gerub was tien el hoog.

27. Salomo het die twee gerubs in die binneste kamer gesit. Hulle vlerke was oop, die punt van een gerub se vlerk het aan die een muur geraak, en die ander gerub se vlerk het aan die ander muur geraak. In die middel van die kamer het die gerubs se ander vlerke aan mekaar geraak.

28. Hy het die gerubs met goud laat toemaak.

29. Salomo het gerubs, palmbome en blomme laat uitsny op al die mure van die tempel, in die voorste kamer en in die binneste kamer.

30. Hy het ook die vloere van die voorste kamer en die binneste kamer met goud laat toemaak.

31. Hy het twee deure van olyfhout vir die binneste kamer laat maak. Die rame van die deure het vyf hoeke gehad.

32. Hy het gerubs, palmbome en blomme laat uitsny op die twee deure en hy het dit alles met goud toegemaak.

33. Hy het dieselfde gedoen met die deur van die voorste kamer, maar die raam van die deur het vier hoeke gehad. Die raam was van olyfhout.

34. Die twee deure was van sipreshout en dit was swaaideure.

35. Hy het gerubs, palmbome en blomme op die deure laat uitsny en hy het dit alles met goud toegemaak.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 6