Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 3:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Salomo het ’n ooreenkoms gemaak met die farao, die koning van Egipte. Hy het met die dogter van die farao getrou en hy het haar in die Dawidstad laat woon totdat hy sy paleis en die tempel en die muur rondom Jerusalem klaar gebou het.

2. Die mense het in daardie tyd nog aangehou om op die offer-plekke te offer, want die tempel vir die Here was nog nie gebou nie.

3. Salomo self was lief vir die Here en hy het alles gedoen wat Dawid vir hom gesê het, maar hy het op die offer-plekke ge-offer en daar wierook gebrand.

4. Die koning het na Gibeon gegaan om daar te offer, want dit was die belangrikste offer-plek. Hy het op daardie altaar 1 000 brand-offers ge-offer.

5. Daar in Gibeon het die Here een nag aan Salomo verskyn en vir hom gesê: “Jy mag vir My enige iets vra, en Ek sal dit vir jou gee.”

6. Salomo het toe gesê: “U het vir my en vir my pa Dawid gedoen wat U belowe het. My pa het aangehou om U te dien, en hy was ’n regverdige en eerlike mens wat vir U gedien het. U het gedoen wat U vir hom belowe het en U het vir hom ’n seun gegee wat vandag op sy troon sit.

7. My God die Here, U het my die koning laat word in my pa se plek, maar ek is baie jonk en ek weet nie hoe om ’n leier te wees nie.

8. Ek is hier saam met u volk, U het hulle gekies. Hulle is ’n groot volk, so groot dat ’n mens hulle nie kan tel en elkeen se naam kan noem nie.

9. U moet my help om gehoorsaam te wees aan U sodat ek reg kan regeer oor u volk en sodat ek kan weet wat reg is en wat verkeerd is. Niemand kan oor hierdie belangrike volk van U regeer as U hom nie help nie.”

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 3