Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 22:51-54 Bybel vir Almal (ABA)

51. Josafat het gesterf, en hulle het hom begrawe in die stad van sy voorvader Dawid. Sy seun Joram het koning geword ná hom.

52. Ahasia seun van Agab het koning van Israel geword in Samaria in die sewentiende jaar nadat Josafat koning van Juda geword het. Ahasia was twee jaar lank koning van Israel.

53. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hy het gelewe soos sy pa en sy ma en soos Jerobeam seun van Nebat wat die Israeliete sonde laat doen het.

54. Ahasia het vir Baäl gedien en voor hom gebuig. Hy het die Here, die God van Israel, kwaad gemaak, sy pa het dit ook gedoen.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 22