Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 22:46-53 Bybel vir Almal (ABA)

46. Al die ander dinge wat Josafat gedoen het, ook die belangrike dinge en die oorloë wat hy geveg het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.

47. Daar het tempel-prostitute oorgebly van die tyd toe sy pa koning was. Josafat het hulle uit die land weggejaag.

48. Daar was nie ’n koning in Edom nie, ’n goewerneur het daar regeer.

49. Josafat het skepe laat bou om na Ofir te gaan om goud te gaan haal, maar die skepe het nie gegaan nie, want hulle het gebreek by die stad Esjon-Geber.

50. Daarna het Ahasia seun van Agab vir Josafat gevra of sy manne saam met Josafat se manne op die skepe kan gaan, maar Josafat wou hulle nie laat saamgaan nie.

51. Josafat het gesterf, en hulle het hom begrawe in die stad van sy voorvader Dawid. Sy seun Joram het koning geword ná hom.

52. Ahasia seun van Agab het koning van Israel geword in Samaria in die sewentiende jaar nadat Josafat koning van Juda geword het. Ahasia was twee jaar lank koning van Israel.

53. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hy het gelewe soos sy pa en sy ma en soos Jerobeam seun van Nebat wat die Israeliete sonde laat doen het.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 22