Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 22:40-48 Bybel vir Almal (ABA)

40. Nadat Agab gesterf het, het sy seun Ahasia koning geword ná hom.

41. Josafat seun van Asa het koning van Juda geword in die vierde jaar nadat Agab koning van Israel geword het.

42. Josafat was 35 jaar oud toe hy koning geword het en hy was 25 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Asuba dogter van Silgi.

43. Hy het gelewe soos sy pa Asa, hy het nie opgehou om so te doen nie. Hy het dinge gedoen waarvan die Here hou.

44. Hy het net die offer-plekke laat staan. Die mense het nog offers en wierook-offers gebring op die offer-plekke.

45. Daar was vrede tussen Josafat en die koning van Israel.

46. Al die ander dinge wat Josafat gedoen het, ook die belangrike dinge en die oorloë wat hy geveg het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.

47. Daar het tempel-prostitute oorgebly van die tyd toe sy pa koning was. Josafat het hulle uit die land weggejaag.

48. Daar was nie ’n koning in Edom nie, ’n goewerneur het daar regeer.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 22