Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 17:15-21 Bybel vir Almal (ABA)

15. Die weduwee het gegaan en gedoen wat Elia gesê het en sy het elke dag kos gehad om te eet, sy en Elia en haar huisgesin.

16. Die meelkruik het nie leeg geword nie en daar was altyd olyf-olie in die oliebottel, soos die Here gesê het Elia moet sê.

17. Later het die seun van die weduwee siek geword, die weduwee aan wie die huis behoort het. Hy was baie siek en hy het gesterf.

18. Die weduwee het vir Elia gesê: “Man van God, wat het ek verkeerd gedoen aan jou? Hoekom doen jy dit aan my? Het jy na my toe gekom sodat my seun moet sterf omdat ek sonde gedoen het?”

19. Hy het vir haar gesê: “Gee jou seun vir my.”Elia het die seun uit haar arms geneem en hy het die seun na die bo-kamer gedra. Elia het daar gewoon. Hy het die seun op sy bed neergesit

20. en hy het tot die Here gebid en gesê: “My God die Here, wil U dit sleg laat gaan met hierdie weduwee? Sy het gesê ek mag hier woon, en nou het U haar seun laat sterf.”

21. Toe gaan lê Elia drie maal op die kind en hy bid tot die Here en hy sê: “My God die Here, laat asseblief hierdie kind se lewe terugkom in hom.”

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 17