Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 15:29-34 Bybel vir Almal (ABA)

29. Nadat Baesa koning geword het, het hy begin om almal in die koningshuis van Jerobeam dood te maak. Hy het niemand van Jerobeam se nageslag laat aanhou lewe nie. Dit alles het gebeur soos die Here voorheen vir sy dienaar Agija van Silo gesê het om vir die mense te sê.

30. Dit het gebeur omdat Jerobeam daardie sondes gedoen het en omdat hy die mense van Israel sonde laat doen het. Jerobeam het die Here, die God van Israel, kwaad gemaak.

31. Al die ander dinge wat Nadab gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.

32. Daar was altyd oorlog tussen Asa en koning Baesa van Israel.

33. Baesa seun van Agija het koning van Israel geword in die derde jaar nadat Asa koning van Juda geword het. Baesa was 24 jaar lank koning in Tirsa.

34. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hy het gedoen wat Jerobeam gedoen het. Jerobeam het die mense van Israel sonde laat doen, en Baesa het nou dieselfde sondes gedoen.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 15