Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 13:31-34 Bybel vir Almal (ABA)

31. Nadat hy hom begrawe het, het die profeet vir sy seuns gesê: “Wanneer ek sterf, dan moet julle my begrawe in die graf waar ek die man van God begrawe het. Julle moet my lyk by sy bene sit,

32. want die Here het hom gestuur, en die dinge sal gebeur wat hy gesê het teen die altaar in Bet-El en teen al die tempels by die offer-plekke in die stede van Samaria, dit is seker.”

33. Jerobeam het ná hierdie dinge nie opgehou om die slegte dinge te doen wat hy gedoen het nie. Hy het aangehou om priesters te kies en aan te stel, mense wat nie van die Levi-stam was nie. Hy het elkeen wat ’n priester wou wees, aangestel om priester te wees by die offer-plekke.

34. Dit is die sonde wat die koningshuis van Jerobeam gedoen het, en dit is hoekom daar niemand van sy koningshuis is wat nou nog regeer nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 13