Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 13:21-31 Bybel vir Almal (ABA)

21. Die profeet het gepraat met die man van God wat van Juda gekom het. Hy het geskree en gesê: “Die Here sê: Jy was opstandig teen die Here, jy het nie gedoen wat Hy vir jou gesê het nie!

22. Hy het gesê jy moenie terugkom en eet en drink in hierdie plek nie, maar jy hét teruggekom en dit gedoen. Daarom sal hulle jou lyk nie begrawe in die graf van jou voorvaders nie.”

23. Nadat die man van God klaar geëet en gedrink het, het die ou profeet wat hom laat terugkom het, die man se donkie laat opsaal.

24. Die man van God het toe daar weggegaan. Langs die pad het daar ’n leeu gekom en hy het die man van God doodgemaak. Die man se lyk het op die pad gelê, en die donkie en die leeu het by die lyk gestaan.

25. Daar het mense verbygekom en hulle het gesien dat die man van God se lyk op die pad lê en dat die leeu by die lyk staan. Hulle het dit gaan vertel in die stad waar die ou profeet gewoon het.

26. Die ou profeet wat die man van God laat omdraai het, het dit gehoor en hy het gesê: “Dit is die man van God wat opstandig was teen die Here. Die Here het die leeu na hom toe gestuur, en die leeu het hom verskeur en doodgemaak. Dit het gebeur soos die Here vir hom gesê het.”

27. Die ou profeet sê toe vir sy seuns hulle moet vir hom ’n donkie opsaal, en hulle het dit gedoen.

28. Hy het gegaan en hy het die lyk gekry waar dit op die pad lê. Die donkie en die leeu het by die lyk gestaan. Die leeu het nie die lyk gevreet nie en hy het ook nie die donkie doodgemaak nie.

29. Die profeet het die lyk van die man van God opgetel en hy het dit op die donkie gelaai. Hy het die lyk teruggebring na sy stad om oor die man van God te rou en om hom te begrawe.

30. Hy het die lyk in sy eie graf gesit en hy het oor hom gerou en gesê: “Ag, my broer.”

31. Nadat hy hom begrawe het, het die profeet vir sy seuns gesê: “Wanneer ek sterf, dan moet julle my begrawe in die graf waar ek die man van God begrawe het. Julle moet my lyk by sy bene sit,

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 13