Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 8:33-38-39 Bybel vir Almal (ABA)

33. God het ons gekies om aan Hom te behoort. Nou kan niemand sê dat ons skuldig is nie, want God het ons vrygespreek.

34. Niemand kan sê God moet ons straf nie, want Christus het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe, en nou sit Hy op die belangrikste plek langs God in die hemel en Hy vra vir God om ons sonde te vergewe.

35. Kan iemand keer dat Christus lief is vir ons? Nee, nooit nie! Niemand kan dit keer nie, nie wanneer ons swaarkry nie, nie wanneer ons bang is nie, nie wanneer mense ons verdruk nie, nie wanneer ons honger is nie, nie wanneer ons niks klere het nie, nie wanneer ons vyande het nie, nie wanneer mense ons wil doodmaak nie.

36. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Mense hou aan om onsdood te maakomdat ons aan U behoort.Hulle maak of ons slagskape is.

37. God is lief vir ons, daarom wen ons altyd wanneer al hierdie slegte dinge met ons gebeur.

38-39. Ek weet één ding: God is lief vir ons. Christus Jesus, ons Here, het dit vir ons gewys. Daar is niks wat God se liefde kan wegvat van ons nie, nie die dood nie, niks wat lewe nie, nie engele nie, niemand en niks wat oor die wêreld wil regeer nie, niks wat nou daar is nie, niks wat later daar sal wees nie, niks wat sterker as mense is nie, niks bokant die aarde en niks onder die aarde nie, niks en niemand nie!

Lees volledige hoofstuk Romeine 8