Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 8:30-37 Bybel vir Almal (ABA)

30. Ja, God het besluit hulle moet sy kinders wees. God het ook vir hulle gesê hulle behoort aan Hom, Hy het hulle ook vrygespreek, Hy het hulle ook baie belangrik gemaak.

31. Ons weet dit nou alles. Ons weet dat God by ons is, daarom is ons vir niemand bang nie.

32. God het nie gekeer toe sy eie Seun swaargekry het nie, God het sy Seun gegee en Hy het sy Seun laat sterf om ons almal te red. Daarom weet ons dat God baie goed is vir ons en dat Hy nog baie ander goeie dinge vir ons sal gee.

33. God het ons gekies om aan Hom te behoort. Nou kan niemand sê dat ons skuldig is nie, want God het ons vrygespreek.

34. Niemand kan sê God moet ons straf nie, want Christus het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe, en nou sit Hy op die belangrikste plek langs God in die hemel en Hy vra vir God om ons sonde te vergewe.

35. Kan iemand keer dat Christus lief is vir ons? Nee, nooit nie! Niemand kan dit keer nie, nie wanneer ons swaarkry nie, nie wanneer ons bang is nie, nie wanneer mense ons verdruk nie, nie wanneer ons honger is nie, nie wanneer ons niks klere het nie, nie wanneer ons vyande het nie, nie wanneer mense ons wil doodmaak nie.

36. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Mense hou aan om onsdood te maakomdat ons aan U behoort.Hulle maak of ons slagskape is.

37. God is lief vir ons, daarom wen ons altyd wanneer al hierdie slegte dinge met ons gebeur.

Lees volledige hoofstuk Romeine 8