Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 5:17-21 Bybel vir Almal (ABA)

17. Een mens, Adam, het sonde gedoen, en van toe af het die mense gesterf. Die dood het oor hulle regeer. Maar God se genade is baie beter, Hy is baie goed vir mense en Hy spreek hulle vry. Hulle sal vir altyd lewe en regeer, want Een Mens, Jesus Christus, het hulle gered.

18. Een mens, Adam, het sonde gedoen, en daarom moes God al die mense straf. Maar dit was ook Een Mens, Christus, wat gedoen het wat God wil hê, en daarom spreek God al die mense vry en laat Hy hulle lewe.

19. Een mens, Adam, was ongehoorsaam, en toe het baie mense sondaars geword. Maar dit was ook Een Mens, Christus, wat gehoorsaam was, en daarom sal God baie mense vryspreek.

20. Die wette het gekom sodat die sondes meer kan word. Maar toe die sondes meer geword het, het God se genade ook baie meer geword.

21. Die sonde het oor die mense regeer, dit het hulle laat sterf. Maar nou regeer God se genade oor ons. Jesus Christus ons Here red ons, en daarom spreek God ons vry en gee Hy vir ons die ewige lewe.

Lees volledige hoofstuk Romeine 5