Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 16:4-17 Bybel vir Almal (ABA)

4. Hulle het my lewe gered, maar hulle het toe amper self gesterf. Ek en die gemeentes van die heidene sê dankie dat hulle my lewe gered het.

5. Ek stuur ook groete vir die gemeente wat bymekaarkom in die huis van Priska en Akwila.Ek stuur groete vir my goeie vriend Epenetus. Hy was die eerste persoon in Asië wat in Christus begin glo het.

6. Ek stuur groete vir Maria. Sy het baie hard vir julle gewerk.

7. Ek stuur groete vir Andronikus en Junias. Hulle is ook Jode soos ek en hulle was saam met my in die tronk. Hulle is belangrike apostels en hulle het in Christus geglo voordat ek in Hom geglo het.

8. Ek stuur groete vir my liewe Ampliatus. Hy behoort ook aan die Here.

9. Ek stuur groete vir Urbanus. Hy het saam met ons gewerk vir Christus.Ek stuur groete vir my liewe Stagis.

10. Ek stuur groete vir Apelles. Hy behoort aan Christus en hy het gewys ’n mens kan glo dat hy sal doen wat hy sê.Ek stuur groete vir almal in die huis van Aristobulus.

11. Ek stuur groete vir Herodion. Hy is ook ’n Jood soos ek.Ek stuur groete vir almal in die huis van Narsissus wat aan die Here behoort.

12. Ek stuur groete vir Trifena en Trifosa. Hulle werk hard vir die Here.Ek stuur groete vir my liewe Persis. Sy het baie hard gewerk vir die Here.

13. Ek stuur groete vir Rufus. Die Here het hom ook gekies om aan Hom te behoort. Ek stuur ook groete vir Rufus se ma. Sy is vir my ook ’n ma.

14. Ek stuur groete vir Asinkritus, Flegon, Hermes, Patrobas, Hermas en die ander gelowiges wat by hulle is.

15. Ek stuur groete vir Filologus en Julias, Nereus en sy suster, en Olimpas en al die ander gelowiges by hulle.

16. Julle moet mekaar groet met ’n soen. Dit sal wys dat julle almal aan Christus behoort.Al die gemeentes van Christus stuur groete vir julle.

17. Vriende, ek vra mooi vir julle: Julle moet oppas vir die mense wat julle laat stry en sonde laat doen. Dit is nie wat julle geleer het nie. Julle moet hulle los.

Lees volledige hoofstuk Romeine 16