Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. As ons geloof sterk is, dan moet ons die gelowiges help wie se geloof swak is. Ons moenie doen wat vir óns lekker is nie.

2. Ons moet die dinge doen wat vir ons naaste lekker is, want dan doen ons wat goed is, en so word ons naaste se geloof sterker.

3. Julle moet dit weet: Christus het ook nie net dinge gedoen wat lekker is vir Hom nie. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Die mense wat vir U beledig,is die mense wat my beledig het.

4. Want alles wat in die Ou Testament geskryf is, is voorheen geskryf om vir ons te leer, sodat ons kan aanhou glo. Dit is geskryf om ons te help en te bemoedig. Dan sal ons seker weet dat God ons sal red.

5. Dit is God wat ons help om aan te hou glo en wat ons bemoedig. Ek bid dat Hy vir julle sal help om altyd gereed te wees om saam te werk met mekaar, dit is soos Christus Jesus dit wil hê.

6. Dan sal julle almal dieselfde daaroor dink en saam vir God prys, Hy wat die Vader van ons Here Jesus Christus is.

7. Julle moet mekaar aanvaar, soos Christus julle ook aanvaar het. Dan sal al die mense vir God prys.

8. Ek sê vir julle: Christus het gekom om die Jode te dien sodat almal kon weet dat God doen wat Hy belowe het. God het goeie dinge belowe vir die voorvaders van die Jode, en Christus het kom wys dat God doen wat Hy vir hulle belowe het.

Lees volledige hoofstuk Romeine 15