Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 11:30-36 Bybel vir Almal (ABA)

30. Voorheen was julle heidene, julle was nie gehoorsaam aan God nie. Die Israeliete was ook nie gehoorsaam nie, en nou is God vir júlle jammer.

31. Nou sal dieselfde gebeur: Die Israeliete was nie gehoorsaam aan God nie, maar God sal weer goed wees vir hulle, want God was goed vir júlle.

32. Almal, Israeliete en heidene, was ongehoorsaam, en God het hulle ongehoorsaam laat bly, want Hy wou jammer wees vir hulle almal.

33. Die wysheid van God, alles wat Hy weet, alles wat aan God behoort, is meer as wat ons kan verstaan. Ons kan nie weet wat God besluit nie, ons kan nie uitvind wat Hy wil doen nie.

34. Wie mag vir die Here sêwat Hy moet dink?Wie mag vir Hom sêwat die regte dinge iswat Hy moet doen?

35. Of wie het eers vir die Hereiets gegeesodat die Here dit dan weervir hom moes teruggee?

36. Die Here het alles en almal gemaak, alles en almal kom van Hom, en alles en almal moet Hom dien. Daarom moet ons die Here altyd prys. Amen.

Lees volledige hoofstuk Romeine 11