Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 10:4-9 Bybel vir Almal (ABA)

4. Christus het gekom, en nou spreek God mense vry, maar Hy doen dit nie omdat hulle doen wat die wette sê nie, Hy spreek hulle vry omdat hulle glo.

5. Moses het geskryf oor mense wat doen wat God se wette sê sodat God hulle kan vryspreek. Moses het gesê: Elkeen wat doenwat die wette sê, sal leweomdat hy dit gedoen het.

6. Maar ons lees dat mense moet glo sodat God hulle kan vryspreek. Daar is geskryf: Jy moenie vir jouself vra wie sal opgaanna die hemel nie.Dit beteken ons moenie opgaan na die hemel en vir Christus afbring na die aarde nie.

7. Daar is ook geskryf: Jy moenie vir jouself vrawie sal afgaan na onderdie aarde nie.Dit beteken ons moenie afgaan na die mense wat dood is om vir Christus te gaan haal nie.

8. Nee, daar is geskryf: Die boodskap van Godis naby jou,dit is in jou mond en in jou hart.Daardie boodskap is die boodskap dat ons moet glo. Dit is die boodskap wat ons vir julle bring.

9. As jy met jou mond sê jy glo Jesus is die Here, en as jy in jou hart glo dat God Hom weer laat lewe het, dan sal God jou red.

Lees volledige hoofstuk Romeine 10