Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 10:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vriende, ek wens en bid dat God die Israeliete sal red.

2. Ek sê vir julle, en dit is seker: Hulle wil baie graag vir God dien, maar hulle weet nie hoe nie.

3. Hulle weet nie dat God mense vryspreek omdat hulle in Christus glo nie. Hulle wil nie hê God moet hulle vryspreek soos Hy dit wil doen nie, hulle wil hê God moet hulle vryspreek oor wat hulle self doen.

4. Christus het gekom, en nou spreek God mense vry, maar Hy doen dit nie omdat hulle doen wat die wette sê nie, Hy spreek hulle vry omdat hulle glo.

5. Moses het geskryf oor mense wat doen wat God se wette sê sodat God hulle kan vryspreek. Moses het gesê: Elkeen wat doenwat die wette sê, sal leweomdat hy dit gedoen het.

6. Maar ons lees dat mense moet glo sodat God hulle kan vryspreek. Daar is geskryf: Jy moenie vir jouself vra wie sal opgaanna die hemel nie.Dit beteken ons moenie opgaan na die hemel en vir Christus afbring na die aarde nie.

Lees volledige hoofstuk Romeine 10