Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 1:19-27 Bybel vir Almal (ABA)

19. Hulle weet die dinge wat mense van God kan weet, want God het dit vir hulle gewys.

20. Mense sien van die begin af alles wat God gemaak het. Hulle kan nie vir God sien nie, maar hulle kan verstaan dat Hy altyd sterk is en dat Hy God is. Hulle kan dit weet omdat hulle sien wat Hy gedoen het. Daarom kan hulle nie sê dat hulle dit nie weet nie.

21. Hulle ken God, maar hulle respekteer Hom nie en hulle sê nooit vir Hom dankie nie. Hulle is dom, hulle doen nie wat God wil hê nie. Hulle verstaan niks, hulle is soos mense wat in die donker lewe.

22. Hulle dink hulle is slim, maar hulle doen nie wat God wil hê nie.

23. God is Koning, Hy kan nooit sterf nie, maar hulle dien Hom nie. Hulle kies om afgode te dien, beelde wat lyk soos mense, mense wat sterf, of beelde wat lyk soos voëls of diere of slange.

24. Daarom los God hulle sodat hulle die slegte dinge kan doen wat hulle graag wil doen, dinge wat wys dat hulle nie mekaar se liggame respekteer nie.

25. Hulle glo nie die waarheid van God nie, hulle kies om hulle eie leuens te glo. God het alles gemaak, maar hulle aanbid en dien die dinge wat Hy gemaak het, hulle aanbid nie vir God nie, God vir wie almal altyd moet prys. Amen.

26. Daarom los God hulle om die onsedelike dinge te doen wat hulle graag wil doen. Hulle vroue het seks met ander vroue, maar dit is iets wat mense nie mag doen nie.

27. Die mans doen ook verkeerd. Mans het gewoonlik seks met vroue, maar party mans doen dit nie. Hulle wil baie graag seks hê met ander mans, en dan doen hulle dinge met mekaar waaroor mense skaam moet wees. Dit is verkeerd, en daarom straf God hulle, Hy los hulle sodat hulle kan aanhou om hierdie slegte dinge te doen.

Lees volledige hoofstuk Romeine 1