Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 8:2-7 Bybel vir Almal (ABA)

2. Toe sien ek die sewe engele wat altyd voor God staan. God het vir hulle sewe trompette gegee.

3. En ’n ander engel het gekom en hy het by die altaar in die hemel gaan staan. Hy het ’n goue wierook-pan gehad. Hy het baie wierook gekry. Hy moes die wierook offer saam met die gebede van almal wat aan God behoort. Hy moes dit offer op die goue altaar wat voor die troon van God is.

4. Die rook van die wierook en die gebede van al die mense wat aan God behoort, het opgegaan van die wierook-pan in die engel se hand, dit het opgegaan voor God.

5. Toe het die engel die wierook-pan geneem. Hy het vuur van die altaar geneem en hy het die wierook-pan vol vuur gemaak. Toe het hy die vuur op die aarde gegooi, en daar was baie donderweer en weerlig en ’n aardbewing, dit het baie geraas.

6. En die sewe engele wat die sewe trompette het, het gereedgemaak om die trompette te blaas.

7. Die eerste engel het sy trompet geblaas. Toe val daar hael en vuur op die aarde, saam met bloed. Een derde van die aarde het verbrand, een derde van die bome het verbrand en al die groen gras het verbrand.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 8