Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 8:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe die Lam die sewende seël van die boekrol breek, was dit ’n halfuur lank stil in die hemel.

2. Toe sien ek die sewe engele wat altyd voor God staan. God het vir hulle sewe trompette gegee.

3. En ’n ander engel het gekom en hy het by die altaar in die hemel gaan staan. Hy het ’n goue wierook-pan gehad. Hy het baie wierook gekry. Hy moes die wierook offer saam met die gebede van almal wat aan God behoort. Hy moes dit offer op die goue altaar wat voor die troon van God is.

4. Die rook van die wierook en die gebede van al die mense wat aan God behoort, het opgegaan van die wierook-pan in die engel se hand, dit het opgegaan voor God.

5. Toe het die engel die wierook-pan geneem. Hy het vuur van die altaar geneem en hy het die wierook-pan vol vuur gemaak. Toe het hy die vuur op die aarde gegooi, en daar was baie donderweer en weerlig en ’n aardbewing, dit het baie geraas.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 8