Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 12:4-8 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die draak het sy stert gebruik en hy het een derde van die sterre in die lug afgeruk en op die grond gegooi. Hy het gaan staan voor die vrou wat besig was om ’n kind te kry. Die draak wou die kind opvreet wanneer die kind gebore word.

5. Die vrou het ’n seun gekry. God het besluit dat die seun die volke met ’n yster-septer moet regeer. En God het die kind vinnig weggeneem na die hemel, na God se troon.

6. Toe het die vrou na die woestyn gevlug. Daar was ’n plek in die woestyn, ’n plek wat God vir haar gereedgemaak het. Daar het God 1 260 dae lank vir haar gesorg.

7. Toe was daar oorlog in die hemel. Migael en sy engele het oorlog gemaak teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gemaak teen Migael en sy engele.

8. Maar die draak en sy engele het verloor. Daar was nie meer plek vir hulle in die hemel nie.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 12