Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 12:4-12 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die draak het sy stert gebruik en hy het een derde van die sterre in die lug afgeruk en op die grond gegooi. Hy het gaan staan voor die vrou wat besig was om ’n kind te kry. Die draak wou die kind opvreet wanneer die kind gebore word.

5. Die vrou het ’n seun gekry. God het besluit dat die seun die volke met ’n yster-septer moet regeer. En God het die kind vinnig weggeneem na die hemel, na God se troon.

6. Toe het die vrou na die woestyn gevlug. Daar was ’n plek in die woestyn, ’n plek wat God vir haar gereedgemaak het. Daar het God 1 260 dae lank vir haar gesorg.

7. Toe was daar oorlog in die hemel. Migael en sy engele het oorlog gemaak teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gemaak teen Migael en sy engele.

8. Maar die draak en sy engele het verloor. Daar was nie meer plek vir hulle in die hemel nie.

9. God het die groot draak uit die hemel gegooi. Die draak is die ou slang, die mense noem hom “die duiwel” en “Satan.” Hy bedrieg al die mense van die wêreld. God het hom en sy engele op die aarde gegooi.

10. Toe het ek gehoor iemand skree hard in die hemel en hy sê:“Ons God het ons gered!Hy is baie sterk!Hy is ons Koning en Hy regeer!Ja, die Christus van Godregeer oor alles en almal!Want God het die Satanuit die hemel gegooi,die Satan wat elke dagen elke nagdie mense beskuldigwat saam met ons glo.

11. Maar die gelowigeshet die Satan oorwinomdat die Lam gesterf heten omdat hulle vir almalvertel het wat hulle geglo het.Ja, hulle was nie bangtoe die mense hulledoodgemaak het nie.

12. Daarom moet die hemelbly wees,almal wat in die hemel woon,moet bly wees!Maar die mense op die aardesal baie swaar kry,en die see sal baie swaar kry.Want die duiwel het afgekomna julle toeen hy is baie kwaad,want hy weet hy het min tyd.”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 12