Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 11:8-12 Bybel vir Almal (ABA)

8. En die lyke van die twee getuies sal in die straat van die Groot Stad lê. ’n Mens moet dit geestelik verstaan, daardie stad se naam is Sodom en Egipte. Dit is dieselfde stad waar die mense die twee getuies se Here ook gekruisig het.

9. Mense van al die volke en stamme en tale en lande sal na hulle lyke kyk, drie en ’n half dae lank. Die mense sal sê niemand mag hulle lyke begrawe nie.

10. En die mense wat op die aarde woon, sal bly wees omdat die twee getuies dood is. Hulle sal juig en hulle sal vir mekaar presente stuur, want die twee getuies was profete en hulle het die mense laat swaarkry.

11. Maar ná drie en ’n half dae het God sy asem in die twee getuies geblaas, en hulle het weer gelewe. Hulle het regop gestaan, en almal wat hulle gesien het, was baie bang.

12. Hulle het gehoor dat Iemand hard uit die hemel roep: “Julle moet opkom hiernatoe!”En die twee getuies het in ’n wolk opgegaan na die hemel, terwyl hulle vyande vir hulle gekyk het.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 11