Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 11:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Maar nadat die twee getuies God se boodskap gebring het, sal die dier kom wat in die onderwêreld woon, en hy sal oorlog maak teen die twee getuies. Hy sal hulle oorwin en hy sal hulle doodmaak.

8. En die lyke van die twee getuies sal in die straat van die Groot Stad lê. ’n Mens moet dit geestelik verstaan, daardie stad se naam is Sodom en Egipte. Dit is dieselfde stad waar die mense die twee getuies se Here ook gekruisig het.

9. Mense van al die volke en stamme en tale en lande sal na hulle lyke kyk, drie en ’n half dae lank. Die mense sal sê niemand mag hulle lyke begrawe nie.

10. En die mense wat op die aarde woon, sal bly wees omdat die twee getuies dood is. Hulle sal juig en hulle sal vir mekaar presente stuur, want die twee getuies was profete en hulle het die mense laat swaarkry.

11. Maar ná drie en ’n half dae het God sy asem in die twee getuies geblaas, en hulle het weer gelewe. Hulle het regop gestaan, en almal wat hulle gesien het, was baie bang.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 11