Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 11:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Engel het vir my ’n meet-stok gegee en hy het vir my gesê: “Jy moet kom en jy moet die tempel van God in die hemel meet, jy moet ook die altaar meet en jy moet die mense tel wat in die tempel vir God aanbid.

2. Maar jy moenie die oop stuk grond buite die tempel meet nie, los dit, want God het dit vir die ander volke gegee. Hulle sal alles in die gewyde stad 42 maande lank plat trap.”

3. En God het gesê: “Ek sal vir my twee getuies sê hulle moet rouklere dra en hulle moet 1 260 dae lank my boodskap bring.”

4. Die twee getuies is die twee olyfbome en twee lampe wat voor die Here van die aarde staan.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 11