Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 10:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. En ek het ’n ander sterk engel gesien wat afkom uit die hemel. Daar was ’n wolk rondom hom, daar was ’n reënboog bokant sy kop, sy gesig het gelyk soos die son en sy voete was soos pilare van vuur.

2. Hy het ’n klein boekrol in sy hand gehou, die boekrol was oop. Die engel het sy regter-voet op die see gesit en sy linker-voet op die land.

3. Hy het baie hard geskree, so hard soos ’n leeu wat brul. Toe die engel roep, het die donderweer sewe maal geraas.

4. Toe die donderweer sewe maal geraas het, wou ek skryf wat hulle sê. Maar Iemand het uit die hemel vir my gesê: “Jy moenie vir iemand vertel wat die sewe donderslae gesê het nie! Jy moenie dit neerskryf nie!”

5. Die engel wat ek gesien het, die engel wat op die see en die land gestaan het, het sy regter-hand in die lug gehou.

6. Hy het belowe en het gesê God is sy getuie, God wat altyd lewe, God wat die hemel gemaak het en alles wat in die hemel is, en ook die aarde en alles op die aarde, die see en alles in die see. Die engel het gesê: “Die tyd is verby!

7. Wanneer die sewende engel sy trompet blaas, dan sal gebeur wat God voorheen besluit het. Niemand het geweet dat daardie dinge sal gebeur nie, maar God het vir die profete wat Hom dien, gesê dit sal gebeur.”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 10