Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 9:33-38 Bybel vir Almal (ABA)

33. Jesus het die duiwel uitgejaag, en toe kon die man praat. Al die mense was baie verbaas en hulle het gesê: “So iets het nog nooit hier by ons, die volk Israel, gebeur nie.”

34. Maar die Fariseërs het gesê: “Dit is die leier van die duiwels wat vir Jesus help om die duiwels uit te jaag.”

35. Jesus het al die stede en dorpe besoek. Hy het aangehou om vir die mense in hulle sinagoges te leer. Hy het vir hulle vertel van die goeie boodskap dat God Koning is oor almal. Hy het ook al die siek mense gesond gemaak.

36. Baie mense het na Jesus toe gekom, en toe Hy al die mense sien, het Hy baie jammer gevoel vir hulle. Hulle het gelyk soos mense wat swaarkry, maar daar was niemand wat hulle kon help nie. Hulle was soos skape wat nie ’n wagter het nie.

37. Jesus sê toe vir sy dissipels: “Daar is baie ryp koring om af te sny, maar daar is baie min werkers wat kan help om dit te doen.

38. Die ryp koring is die mense wat aan die Here behoort. Julle moet bid tot die Here aan wie die ryp koring behoort en julle moet vra dat Hy werkers sal stuur om sy ryp koring af te sny.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 9